Local newsNews

Steeds geen aanduiding oor Phodi Clinic se toekoms

Die Phodi Clinic, privaat hospitaal in Bela-Bela, was teen druktyd vandeesweek steeds gesluit vir nuwe pasiënte.

Die hospitaal is op Vrydag 1 April tydelik gesluit vir nuwe opnames.

Interne administratiewe redes is klaarblyklik die oorsaak dat die hospitaal sy dienste moes opskort.

Die bestuur het vroeër aangedui dat die hospitaal se ongevalle-eenheid steeds oop is om dringende mediese gevalle te hanteer. Dokters is ook laat weet dat geen operasies tans daar gedoen kan word nie.

Pasiënte word egter by die ongevalle-afdeling gestabiliseer en dan na ander hospitale in die stad verwys. Die ongevalle-afdeling word tans as ’n privaat praktyk bedryf.

Inwoners bly egter bekommerd oor die toekoms van die hospitaal. Dié hospitaal het deur die jare ’n puik reputasie opgebou en pasiënte van oor die hele Waterberg bedien.

Navrae oor die stand van sake is teen druktyd weer aan die Phodi-bestuur gerig, maar geen antwoord is ontvang nie.

Niel Shikhwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid, het in reaksie gesê die departement dra kennis van die hospitaal se besluit om nie nuwe pasiënte op te neem nie.

“Die departement is hard aan die werk en is in gesprek met die hospitaal se bestuur om met oplossings vorendag te kom sodat die instansie sy deure spoedig weer kan open,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button