LettersOpinion

Brief: Vonnis vir plaasmoordenaars verwelkom

Die feit dat die moordenaars se appèl van die hand gewys is, is soveel beter sodat hulle nie nóg hoftyd en belastingbetalersgeld kan vermors nie.

Henk van de Graaff, voorsitter: TLU SA Noordstreek, skryf:

TLU SA is verheug oor die skuldigbevinding en vonnis wat die moordenaars en aanranders van die bejaarde Alwyn van Zyl en sy vrou, René van Mookgophong opgelê is.

Die feit dat die moordenaars se appèl van die hand gewys is, is soveel beter sodat hulle nie nóg hoftyd en belastingbetalersgeld kan vermors nie.

Dit is die reaksie van die bestuur van TLU SA se Noordstreek, nadat Yaganias Saga, Lloyd Madumba en Tatenda Mangwenya swaar gevonnis is weens die moord van Alwyn van Zyl en die ernstige aanranding op sy vrou, René. Hulle het almal lewenslange vonnisse gekry vir moord en aanranding.

Regter Violet Semenya het in haar uitspraak gesê plaasmoorde en die wreedheid daaraan mag nie geduld word nie en dat daardie boodskap openbaar gemaak moet word. Haar verdere woorde was die slagspreuk van TLU SA: “Have you eaten today? Thank a farmer.” Dit is die tweede keer dat hierdie slagspreuk in ‘n uitspraak gemeld word en TLU SA is bly dat die boodskap begin aanklank vind.

Die beskuldigdes in die moord op die bejaarde Louis Cloete en sy vrou, Ina, het ook in die landdroshof in Vuwani verskyn. ’n Aantal boere en ander belangstellendes het positief op TLU SA se versoek gereageer om by die hof teenwoordig te wees as blyk van meelewing en ordelike protes teen plaasmoorde. Die twee beskuldigdes se saak is uitgestel tot Woensdag 11 Mei vir verdere ondersoek.

“Ons is bly dat hulle in aanhouding bly tot dan en dat hulle nie die geleentheid kry om hul duiwelswerk voort te sit nie,” het Fanie Havinga, ondervoorsitter van TLU SA Noord en ook voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou-unie, gesê. “Ons sal beslis poog om getuienis aan te bied tydens ’n moontlike borgaansoek om te verhoed dat hulle enigsins vrygelaat word.”

Die familie van die vermoorde Cloete-egpaar het ook hul dank en waardering uitgespreek teenoor die boeregemeenskap wat help om misdadigers agter tralies te hou.

Waar hierdie gebeure ons vertroue in die regstelsel ondersteun het, gebeur die teenoorgestelde op ander plekke. In Standerton is ’n beskuldigde vir die moord op ’n polisiebeampte vrygelaat op R800 borgtog — dit is minder as ’n simboliese borgbedrag. Naas boere is polisiebeamptes die grootste teiken van moordenaars en die boodskap moet in albei gevalle dieselfde wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button