MunicipalNews

Bouwerk aan laagwaterbrug se vordering deur reën belemmer

Die oprigting van ’n  laagwaterbrug in Limpopostraat wat by Joe Slovostraat in Modimolle aansluit is deur die swaar reën, wat die afgelope paar maande geval het, vertraag.

Dié foto wys die onvoltooide brug vanaf Limpopostraat. Hierdie gedeelte van Limpopo-straat moet ook nog gebou word waar dit oor die laagwaterbrug gaan en by Joe Slovostraat aansluit. Foto: Sarita Kriek-Vosloo

Volgens ’n woordvoerder van die kontrakteur het hulle in Julie 2021 met die projek begin en is die fondasies in November 2021 gelê. Ongelukkig belemmer die hoë reënval die projek en sal dit na raming eers in Junie 2022 voltooi word.

Die water wat by die basis van die brug ’n dam gevorm het, word daagliks uitgepomp tot in die Klein Nylrivier, wat parallel met Limpopostraat (voorheen Rivierstraat), loop.

Volgens die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit is daar tans ongeveer R13 miljoen bewillig vir hierdie projek deur middel van ’n munisipale infrastruktuur- toelaag.

Die water word elke dag vanuit die dam by die basis van die brug gepomp en word in ’n “rivier” vanaf die perseel na die Klein Nylrivier herlei. Foto: Sarita Kriek-Vosloo

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button