Local newsNews

Meisie vang visse in die straat in Modimolle

Fabian Mullaney en sy 8-jarige dogter, Cayden, het die afgelope Paasnaweek vir sy ouers in Modimolle kom kuier en vir groot opwinding gesorg toe hulle sowaar visse in ’n papnat straat gevang het.

Een van die twee “straatvisse”, oftewel klein babers, wat Cayden Mullaney (8) gevang het.

Braam en Lillian (Mullaney) Hanekamp woon sedert Desember 2020 in hul huis in Paul Krugerstraat naby die Klein Nylrivier.

Met die oorvloedige reën wat die hele Paasnaweek geval het, het die watervlak aanhou styg sodat die laagwaterbrug en ’n gedeelte van die straat heeltemal onder water was.

Die gesin het ’n heerlike Sondagmiddagete op 17 April geniet waarna Cayden straat toe is met Oupa se visstok in die hand om te gaan “straatvisse” vang. Aangesien die watervlak so hoog was, kon sy vanaf die sypaadjie visvang.

Groot was almal se verbasing toe sy twee babers gevang het.

Related Articles

Back to top button