CrimeNews

Robinson-moordenaar lewenslank tronk toe

Die 30-jarige buitelander wat verlede week skuldig bevind is aan die moord op Christine Robinson is lewenslank tronk toe gestuur.

Andrea Imbayarwo (30), wat skuldig bevind is aan die verkragting en moord in 2008 op die Britse oud-onderwyser is op Donderdag 21 April in die hooggeregshof in Polokwane twee lewenslange vonnisse opgelê vir dié misdaad. Hy is ook verlof tot appèl geweier.

Ian Cameron, Action Society se direkteur van gemeenskapsveiligheid, het dié beslissing verwelkom.

“Ons is baie tevrede met die saak se uitkoms,” het hy aan Die Pos gesê. Hierdie saak beklemtoon net weer hoe waardevol samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die gemeenskap is.”

Sakkie Louwrens, ondersoekbeampte van Bosveld Misdaad Ondersoeke (BMO), het op sy beurt ook die vonnis verwelkom en gesê hy is verheug dat geregtigheid uiteindelik geskied het.

Related Articles

Back to top button