AdvertorialNewsSponsored

Winkelsentrum bederf kinders en pensioentrekkers

Die Modi Mall-winkelsentrum in Modimolle reik reg deur die jaar na die gemeenskap uit met verskeie praktiese gemeenskapsprojekte.

Die winkelsentrum het vrugtepakkies uitgedeel aan al die kinders wat op Woensdag 6 April saam met hul ouers gewag het vir hul maandelikse welsyntoelaes.

Daar was ’n heerlike sappige appel, ’n soet peer, ’n lemoen en ’n botteltjie water in elke geskenkpakkie.

“Ons is dankbaar vir plaaslike ondernemings soos Reënboog Fruit & Veg & Butchery in Modimolle wat die vrugte en water teen ’n goeie prys verskaf en gehelp het om die 200 pakkies saam te stel,” het Sonja Beukes, bemarkingsbestuurder van die sentrum, gesê.

Daar is ook vroeër die week 400 heerlike worsbroodjies aan die bejaardes uitgedeel wat toustaan in die sentrum vir hul maandelikse staatspensioen en maatskaplike toelaes.

Volgens Beukes begin pensioentrekkers al douvoordag toustaan en sommiges reis van so ver as Tuinplaas.

“Die worsbroodjies, wat deur Die Bakhuis in Modimolle gemaak is, is vanaf 07:00 uitgedeel en die vriendelike gesigte getuig van dankbaarheid,” het sy gesê.

Beukes het aan Die Pos vertel dat hul hoofkantoor, Exemplar Real Estate Investment Trust (REIT), die geld vir hierdie projekte bewillig.

“Ons maatskappy se leuse is Change for Good, en hierdie gemeenskapsprojekte maak beslis ’n positiewe verskil vir die mense in ons omgewing,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button