NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Nylstroom se redenaars het dit onder mekaar uitgespook in die eerste kwartaal tydens ’n redenaars-
kompetisie by die skool. In die gr. 10-12 afdeling met voorbereide toesprake in hul huistaal, was Altus du Plessis eerste, Tharina Jansen van Vuuren tweede en Anoché Smal derde. In die kategorie vir eerste addisionele taal was Lesedi Nkgodi eerste. Die redenaars wat vinnig op hul voete kan dink met onvoorbereide toesprake, was Pieter van Heerden wat die eersteplek verwerf het en Elné Joubert in die tweedeplek. Die voorsitters van die kompetisie was Kuki Mokonyane en Khomotso Selema. Op die foto is Elné Joubert, Pieter van Heerden, Tharina Jansen van Vuuren, Altus du Plessis en Lesedi Nkgodi.

Related Articles

Back to top button