CrimeNews

Moord-verdagte verskyn in hof

’n Vermeende onwettige immigrant het vandeesmaand — bykans agt jaar ná die wrede moord op Christine Robinson (59) — in die hof verskyn in verband met haar dood.

Robinson, ’n oudonderwyser uit Brittanje, is na bewering in Julie 2014 deur ’n tuinier by die Rra-Ditau-wildsreservaat aangeval, verkrag en vermoor.

Sy het dié reservaat alleen bestuur nadat haar man oorlede is. Die 30-jarige beskuldigde is deur die polisie in Brixton, Johannesburg, aangekeer, nadat ’n familielid van die slagoffer hom glo op sosiale media opgespoor en die polisie laat weet.

Sakkie Louwrens, ondersoekbeampte by die Bosveld-misdaadondersoeke (BMO), het bevestig dat die beskuldigde vir die eerste keer op Maandag 11 April in die hooggeregshof in Polokwane verskyn het.

Hy staan tereg op aanklagte van huisbraak, verkragting en moord. Hy word ook daarvan aangekla dat hy onwettig in die land is.

Die hofsaak is uitgestel tot Woensdag 13 April. Hy bly in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button