Local newsNews

Jehovas se kerke nou weer oop ná inperking

Die Jehova se getuies is verheug om weer bymekaar te kom nadat al die gemeentes wêreldwyd die afgelope twee jaar weens die Covid-19-grendeltyd slegs aanlyn kerk gehou het.

Belangstellendes is welkom om die dienste wat gedurende April plaasvind gratis by te woon.

Die hoogtepunt van die kalender is die gedenkdiens van Christus se offerdood wat op Vrydag 15 April om 18:00 in die Koningkryksaal, Bakkerstraat 51, in Modimolle plaasvind.

Daar word ook ’n spesiale lesing, “Waar kan jy ware hoop vind”, op Sondag 10 April om 09:00 gehou. Bel vir Martin Muller by tel. 083 277 6093 vir meer inligting.

Bela-Bela se gemeente kom weekliks by die Koningkryksaal in Bothalaan, Gholfbaanpark, byeen. Die spesiale lesing vind om 12:00 op Sondag 10 April plaas.

Die gedenkdiens van Christus se offerdood word om 19:30 op Vrydag 15 April in die Warmbad Dienssentrum, Van der Merwestraat 31, gehou omdat dit meer sitplekke bevat.

Bel gerus vir Phillip Kleinhans by tel. 078 844 7062 vir meer inligting of besoek die webwerf: www.jw.org(.)

Related Articles

Back to top button