Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? April 11, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print ’n Baie suksesvolle Boeremarkdag het op Saterdag 2 April in die Noodhulp-omgewing buite Bela-Bela plaasgevind waar besoekers ’n blik op die plaaslewe kon ervaar. Die talle stalletjies en ’n gaskunstenaar, Johann Oberholzer, meer bekend as Riempies, het vir die vermaak gesorg. Besoekers is gevra om soos tipiese boere aan te trek en hul vaardigheid met onder meer toutrek te wys. Die titel van “boer van die dag” het aan Marius Bothma, ’n studenteonderwyser van Pretoria, gegaan. Bothma het by navraag gesê hy bring die meeste van sy vakansies in die sonnige Bosveld deur. Sy gawe persoonlikheid en tipiese kleredrag het die beoordelaars se aandag getrek. Op die foto is Bothma in aksie tydens die toutrekkompetisie. Anneke Ellis (regs) is vanaf Vrydag 1 April die provinsiale koördineerder van die Kansa-tak in Limpopo. Sy en haar man, JP Ellis, en hul driejarige dogtertjie woon sedert Desember 2019 in Modimolle. Ellis het ’n graad in pastorale berading, asook ’n honneursgraad in praktiese teologie aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Ansie van Heerden (links), wat bykans 20 jaar lank die Kansa-koördineerder van die Waterberg-tak was, het op Woensdag 30 Maart die aflosstokkie aan Ellis oorhandig. Van Heerden het Waterberg-inwoners bedank vir hul onbaatsugtige bydraes en deurlopende ondersteuning. Ellis het gesê sy sien daarna uit om die mense van die Waterberg beter te leer ken. “Daar is altyd geleentheid vir vrywilligers om betrokke te raak,” het sy gesê. Belangstellendes kan Ellis bel by tel. 063 696 1719.Warmpatat: Inwoners van Modimolle moet op die uitkyk wees vir vandale wat koperpype stroop. Dit is veral kantoorgeboue, wat oor naweke stil is, wat deurloop. Waterpompe wat aan watertenks gekoppel is word ook gereeld geteiken. Op die foto is die skade sigbaar waar ongeveer 6 m koperpype gedurende die naweek van 2-3 April met geweld by ’n kantoorgebou in Kerkstraat, Modimolle, afgebreek is. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. April 11, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print