Local sportSport

Hansies se hokkiebokkies woon sportweek by

Die hokkiespanne en afrigters van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het die afgelope vakansie ’n sportweek vir hokkiespelers in Volksrust, Mpumalanga, bygewoon.

Die vier Hansie-spanne het die lang pad aangepak om afrigting te kry by bekendes soos Kim Hubach, vorige speler vir Suid-Afrika wat ook onderkaptein van die Protea-span was en Darren Hubach.

Volgens Tersia Lombaard, organiseerder van die skool se hokkie, het die spelers in die oggende vaardighede geoefen en spanbousessies gehou.

“Smiddae het ons wedstryde gespeel en soms tot vier wedstryde op ’n dag gespeel sodat die spelers die vaardighede kon inoefen,” het sy gesê.

Die Hansies se o.16-hokkiespan het ook die sportweek in Volksrust bygewoon en hul baie goed van hul taak gekwyt.

Die Hansies se hokkiebokkies het die meeste van hul wedstryde gewen en ná elke wedstryd is ’n speler van die wedstryd aangekondig.

Dié eer het Elande van Staden, Lihany Smal en Marzel Dercksen van die o.14-span te beurt geval.

Dané Brentmeek is twee keer as speler van die wedstryd by die o.15-span aangewys en Lizaan Fourie een keer.

Elande is tydens die hokkieproewe gekies vir Limpopo se o.14-span wat van 2-6 Julie aan ’n interprovinsiale toernooi in Mogale City (Krugersdorp) sal deelneem.

Elande Van Staden is tydens die hokkieproewe vir Limpopo se o.14-span gekies wat van 2-6 Julie aan ’n interprovinsiale toernooi in Mogale City (Krugersdorp) sal deelneem.

Izabella Rentroia en Jolanie Bronkhorst is ook onderskeidelik aangewys as speler van die wedstryd by die o.16-span. Izabella, spankaptein van die o.16’s, is ook aangewys as die mees belowende voorspeler van die sportweek.

Marli Hoffman en Daniela Rentroia van die Hansies se eerstespan is ook aangewys as spelers van die wedstryd.

Die onderskeie afrigters het aan Die Pos gesê dit was ’n baie waardevolle sportweek en hulle sien uit na die seisoen wat voorlê.

Die o.15-hokkiespan van Hoërskool Hans Strijdom, met hul afrigters, Shirley Campbell en Tersia Lombaard, het van 23-26 Maart ’n sportweek in Volksrust bygewoon. Saam met die span op die foto is Darren Hubach, een van die sportweek se afrigters.
Die eerste hokkiespan van Hoërskool Hans Strijdom was van 20-23 Maart by die sportweek in Volksrust. Hulle sien met afwagting uit om hul nuwe vaardighede dié hokkieseisoen toe te pas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button