Local newsNews

Thabazimbi deur ons lesers se oë

Die Pos nooi ons Thabazimbi-lesers die afgelope jaar uit om die dorp in die koerant deur middel van foto’s bekend te stel.

Dit is geen geheim dat ons in die Bosveld geseënd is om elke dag die mooiste natuurskoon, interessante diere en asemrowende weerverskynsels te sien nie, maar soms kruip die mooiste verhale reg onder ons neuse weg en dit is dié stories wat ons graag wil deel.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) in Northam het vandeesweek besluit om deel te word van die pret en twee foto’s met ons gedeel wat hul lede na aan die hart lê. Karin Swanepoel, skakelbeampte van die VLU-Northam-tak, het aan Die Pos gesê hierdie foto’s verteenwoordig die twee afdelings waaruit hul lede kom — bosbou en mynbou.

Dit lyk dalk na twee doodnormale-foto’s, maar dié beelde verteenwoordig soveel inwoners van Thabazimbi.

Hierdie foto is deur een van die VLU-lede op pad huis toe geneem. Dit is die bekende apiesdoringboom wat langs die R510 staan. Mettertyd het die boom vir talle inwoners sinoniem geraak met Thabazimbi en die vriendelikheid en warmte van die mense uit dié geweste.

Of dit boerdery of mynbou is, baie van ons dorp se inwoners het hul daaglikse brood te danke aan een van hierdie nywerhede.

Lesers kan gerus vir ons foto’s stuur na dieposnuus@icon.co.za en wys hoe Thabazimbi deur hul oë lyk.

Related Articles

Back to top button