Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Chris van der Merwe (82), bekende boer van die Springbokvlakte, is op Dins-dag 22 Maart in die Zuid Afrikaans-hospitaal in Pretoria aan hartkomplikasies oorlede. Hy woon sedert sy kinderjare op die plaas Worthing naby Settlers. Van der Merwe het ná sy studies in landbou op die plaas kom boer. Begrafnis-reëlings was teen druktyd nog nie bekend nie. Hy word onthou as ’n baanbre-kerboer, pa en oupa. Hy word oorleef deur sy vrou, D’Vida, twee broers, ’n suster, vier kinders en verskeie klein- en agterkleinkinders. Op die foto is hy en sy vrou, D’Vida.
Die Waterberg neem op Woensdag 6 April met swaar harte afskeid van Cas en Kobie Swanepoel. Die Swanepoels verhuis na Vredenburg aan die Kaapse Weskus. Die Swanepoels het 23 jaar in die Waterberg gewoon — eers sewe jaar in Mabalingwe, toe twee jaar op Intaba Indle en daarna nege jaar in die Renaissance-aftreeoord. Die afgelope ses jaar het hulle in Bosveldsig in Modimolle gewoon. Hulle sê hulle gaan die Bosveld en sy mense, gemeentelede van die Hervormde Kerk Waterberg en ds. Willem Sauer en Die Pos-koerant ontsettend mis. Hulle sal ook vir dr. Roelof Coertze, wat 20 jaar lank hulle huisdokter was, baie mis.
Dolf Britz (96) van Bela-Bela is op Woensdag 16 Maart by die Warmbad Rusoord se Tehuis vir Bejaardes oorlede. Britz was voor sy aftrede ’n diamantslyper. Hy het sedert 1994 in die Tuin Tuiste-aftreeoord gewoon. Sy vrou, Annatjie, is reeds oorlede. Hulle is in 1923 getroud en het drie dogters gehad. Britz het baie goed gholf gespeel en was baie bekend by die Koro Creek-gholflandgoed waar hy verskeie toekennings verower het. Sy familie is dankbaar dat hy tot onlangs relatief goeie gesondheid geniet het. Hy word onthou as ’n goeie vriend, pa en as ’n perfeksionis. Sy roudiens vind op Vrydag 25 Maart om 11:00 vanuit die NG Warmbad Wes-gemeente in die dorp plaas.

Related Articles

Back to top button