Local newsNews

VLU-lede weet nou meer oor nut van bye

Lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nylstroom-tak in Modimolle het tydens hul byeenkoms op Dinsdag 15 Maart meer geleer oor die belangrikheid van bye aangesien heuning hul produk van die jaar is. 

Jana Schalekamp (VLU-lid) het vir Bertie van Aardt, ’n bekende byeboer in die Waterberg-omgewing, gevra om met die lede te gesels oor bye se uiters noodsaaklike werk as bestuiwers.

Van Aardt het verduidelik dat meer as 50 gewasse in Suid-Afrika soos pampoen, spanspek, pere, appels, avokado, katoen en sonneblomme van bye afhanklik is vir bestuiwing.

Heuning bied ook geleenthede vir werkskepping. Volgens Van Aardt is droogtes, insekdoders, habitatvernietiging deur veldbrande en ontbossing, vandalisme, selfoontorings, elektriese hoogspanningspale, lugbesoedeling en klimaatsverandering die grootste uitdagings vir hedendaagse byeboere.

Vroue wat belangstel om by die VLU se Nylstroom-tak aan te sluit kan vir Elsa du Plessis (skakelbeampte) bel by tel. 082 707  9506.

Related Articles

Back to top button