Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Four cyclists from the Modimolle Christian Academy School (Modicademy) completed the Sondela Extreme MTB 2022 Cycling Challenge on Saturday 12 March. Thomas Mahloaloa (13) and Junior Makalla (14), two students at the school, completed the 20 km cycling race, while Albert Viljoen, co-founder of the school and his daughter, Cara Viljoen, completed the 45 km race. According to the team the overcast weather and the light breeze were perfect weather conditions for cycling. Everyone agreed that it was an unforgettable experience.
Mia Botha en Misha Abrahamse van die Euphorbiaskool in Mookgophong is in die Waterberg-distriksnetbalpan opgeneem. Die proewe is op Dinsdag 15 Maart by Laerskool Krugerpark in Mokopane gehou. Hulle neem op Woensdag 6 April en Maandag 11 April aan die Limpopo-netbalproewe in Polokwane deel.
Ruan Turvey, ’n gr. 4-leerder van die Euphorbiaskool in Mookgophong, het op Saterdag 12 Maart aan die Suid-Afrikaanse vlak twee-swemkampioenskap deelgeneem. Ruan het pragtig presteer en al sy persoonlike tye verbeter.
Twee van Laerskool Warmbad se steratlete, Helgard Bredenkamp en Jake Monulu, neem vanaf Vrydag 25 Maart aan die Suid-Afrikaanse-atletiekkampioenskap in Potchefstroom deel. Albei is gekies om die Limpopo-atletiekspan te verteenwoordig. Helgard neem in die o.12-skyfwerp-item deel en Jake sal in die verspring-item vir seuns o.11 meeding. Die skool wens hulle baie sterkte toe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button