Local sportSport

Internasionale span kuier in Setaria

Die Northam Rhino’s het op Saterdagaand 19 Maart naam gemaak toe hulle gasheer gespeel het vir die internasionale klubspan wat van Tel Aviv in Israel besoek afgelê het.

Dit was ’n geskiedkundige oomblik vir die span van Setaria en een van hul soetste oorwinnings hierdie seisoen nadat hulle die internasionale besoekers geklop het.

Kwezi Mhafu was een van die uitblinkers in die wedstryd en het gesorg vir twee van die drieë wat deur die Rhino’s aangeteken is. JT Cronjé het ook sy deel gedoen vir die plaaslike span en punte aangeteken.

Die Rhino’s se deurlopende aanvallende spel het die besoekers op die agtervoet gehad. D

it was ’n naelbytwedstryd totdat Cecil Dumond in die doodsnikke van die wedstryd met ’n doelskop deur die pale ’n 17-15-sege vir die Rhino’s verseker het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button