Local sportSport

Lyne staan styf by die Koster-dam

Hengelaars van Thabazimbi het die naweek van 18 en 19 Maart by die Koster-dam saamgekom vir die immergewilde Bosveld-bekerhengelkompetisie.

Die Bosveld-beker is een van die gewildste plaaslike hengelkompetisies met vier spanne uit die Bosveld wat meeding om te sien wie in die omgewing die grootste vis kan uittrek.

Theuns Goosen, voorsitter van die UPM-hengelklub (Swartklip) het gesê hoewel vanjaar se kompetisie ’n groot uitdaging was, was die nette steeds vol en die hengelaars kon in goeie gees deelneem.

“Ek wil graag namens UPM se span baie dankie sê aan elke deelnemer wat bygedra het tot die dag se sukses,” het hy gesê. “Dit was ’n moeilike naweek, maar tog baie lekker. Die koue water, voller dam en volmaan het vanjaar tot gevolg gehad dat die hengelaars soms ’n bietjie gesukkel het om die visse te laat byt.”

Northam Plats-hengelklub het die Bosveld-beker gewen.

Thabazimbi-hengelklub se span het tweede geëindig, Amandelbult se hengelaars was in die derde plek gevolg deur die UPM-hengel-klub.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button