Die Nylies se o.16’s het verbete probeer om die oorhand te kry tydens hul rugbywedstryd teen HTS Tom Naudé. Hier druk Kgaugelo Robinson, vleuel, ’n drie.
Die eerstespan moes die onderspit delf met ’n eindtelling van 10-24 in die teenstanders se guns. Foto’s: Herman Steyn
Die Nylies se o.14-rugbyspan kon nie hond haaraf maak in hul wedstryd teen HTS Tom Naudé van Polokwane nie met ’n eindtelling van 0-34. Ruben Viljoen, een van die voorspelers, moes met mening vorentoe beur om uit sy teenstander se wurggreep los te kom.
Xolani Kekana, losskakel van die o.16-span, moes met vernuf sy opponent systap op pad doellyn toe. Die eindtelling was 19-38 in die guns van HTS Tom Naudé van Polokwane.
Tiaan Steffen, agtsteman van die o.15-span, tref die bal sekuur in hul wedstryd teen HTS Tom Naudé. Die Nylies het naelskraap verloor met ’n eindtelling van 12-19 in hul opponente se guns.
You can read the full story on our App. Download it
here .