Local newsNews

Lisbeth Grobler het diep spore getrap in die Springbokvlakte

Lisbeth Grobler (79) van Settlers is op Dinsdag 1 Maart onverwags aan natuurlike oorsake oorlede.

Haar man, Maritz snr., is verlede jaar in November oorlede.

Sy word onthou vir die volgehoue rol wat sy in die gemeenskap gespeel het. Sy was onder meer stigterslid van die legendariese Springbokvlakte Skaapkopgilde waar haar watertandgeregte baie gewild was.

Sy was ’n pionierslid van die Settlers Vroue Landbou-unie (VLU) en het vir etlike jare as sekretaris van die plaaslike boerevereniging gedien.

Lisbeth word verder onthou as ’n toegewyde vrou en ma vir haar gesin. Sy was by die skole en in haar gemeente ’n staatmaker.

Haar begrafnis vind op Vrydag 4 Maart vanuit die NG-gemeente Springbokvlakte in Tuinplaas plaas.

Related Articles

Back to top button