Local newsNews

Broer en suster beraam planne met oorskietlappies en -wol

Richard Henning (42) en sy laatlamsuster, JJ (25), se vlytige vingers kan wondere met enige oorskietwol en -lappies verrig.

Richard, wat bykans 12 jaar lank as blokman in Modimolle gewerk het, is ’n epilepsielyer wat nie meer kan motor bestuur nie. Om die pot aan die kook te hou, het hy begin komberse, mussies, bedsokkies en speelgoed hekel.

JJ, wat as kind met tipe-1 diabetes gediagnoseer is, het ook ingespring en begin om pragtige speelgoed van materiaal te maak.

Hulle het onlangs ’n informele stalletjie begin om hul handwerkitems in Thabo Mbekistraat (R101), oorkant Hoërskool Nylstroom, te verkoop.

Hulle neem ook bestellings vir groter projekte en sal enige skenkings van oorskietlappies en -wol goed kan gebruik.

Belangstellendes kan hulle bel by tel. 074 739 2525.

Related Articles

Back to top button