Local sportSport

Rhino’s maak skoonskip by Bushveld 10’s

Die sportgeesdriftiges van Thabazimbi het die afgelope naweek in groot getalle opgeruk na Setaria vir die Bushveld 10’s-sportfees wat daar aangebied is.

Die Northam Rhino-rugbyklub het op 25 en 26 Februarie gasheer gespeel vir verskeie netbal- en rugbyspanne van regoor die land wat kragte gemeet het tydens dié unieke sportfees.

Raymond Vermeulen, organiseerder van die fees, het gesê hulle is baie dankbaar oor die wegholsukses van die fees. Dit was die eerste van sy soort en ons was baie optimisties, maar ons verwagtinge is oortref.

“Daar was altesame 30 sportspanne, wat rugby en netbal insluit, wat die naweek deelgeneem het. SEI-Sports TV het die wedstryde regstreeks uitgesaai,” het hy gesê.

In eg Suid-Afrikaanse-styl was daar geen tekort aan vermaak nie met musikante soos Vurkmeister en AJ van der Mescht en sy orkes wat die toeskouers en spelers tussen wedstryde vermaak het.

Die Rhino-spanne het tydens die fees weer bewys hoekom hulle bo aan die ranglys is toe drie van dié klub se spanne as wenners weggestap het.

Die wenners van die naweek was die Baby Rhino’s (Northam Rhino’s) in die kategorie vir sosiale rugby, die Underdogs (Northam Rhino’s) in die Klub 2-kategorie, die Suicide Squad (Northam Rhino’s) in die Klub 1-kategorie, Tuks (vrouerugby) en The Boozy Bunch van Rustenburg (netbal).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button