Local sportSport

Skole-atletiek kry ’n hupstoot

Eenheid Primary School in Modimolle se atlete het met groot ywer aan die onderskeie atletiekbyeenkomste deelgeneem wat ná die Covid-19-pandemie weer aangebied word.

’n Suksesvolle byeenkoms is op Vrydag 4 Februarie by die skool aangebied waarna hulle deur die Waterberg-distrik se sportkomitee versoek is om ook die kringbyeenkoms op Vrydag 11 Februarie aan te bied.

Volgens Gerda Pringle, skoolhoof, was daar atlete van tien ander laerskole in die omgewing: Laerskool Nylstroom, Laerskool Tuinplaas, Modimolle Primary School, Nylstroom Primary School, Doornfontein Primary School, Dagbreek Primary School, Lekkerbreek Primary School, Hector Peterson Primary School, Maokeng Primary School en Lord Milner Primary School.

Die skool bedank die ander skole — veral die Waterbergskool vir CVO, Laerskool Nylstroom en Lord Milner Primary School — vir hul hulp en ondersteuning om die dag met sukses aan te bied.

Talle sake-ondernemings het ook ruim bygedra om die byeenkoms moontlik te maak.

Fanie Viviers, adjunkhoof, het gesê altesame 31 atlete van Eenheid Primary School het op Saterdag 19 Februarie aan die area-atletiekbyeenkoms by Laerskool Nylstroom deelgeneem.

“Ons atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt en tien atlete het deurgedring na die Waterberg-distrikbyeenkoms,” het hy gesê.

Dié byeenkoms, waar atlete vir provinsiale kleure kan kwalifiseer, word op Vrydag 25 Februarie by Laerskool Eugène N. Marais in Mookgopong aangebied.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button