Local sportSport

Nylie-atlete wag vir die skote om te klap

Daar heers groot afwagting onder die atlete van Hoërskool Nylstroom vir die jaarlikse kragmeting wat op Saterdag 26 Februarie tydens die Bosveld Interhoër plaasvind.

Die talle ure se oefening en bloedsweet op die atletiekbaan sal hierdie Saterdag vertoon word.

Van die Nylie-atlete wat toeskouers kan dophou vir uitskietervertonings is Anri Briel, een van die skool se jongelinge. Sy het hierdie seisoen goeie tye opgestel in die 100 m en 200 m vir meisies o.14.

Die twee sussies, Anri en Lindi Loots, is blitsig oor die kortafstande. Hulle neem onderskeidelik aan die 100 m, 200 m en 400 m vir meisies o.15 en 100 m en 200 m vir meisies o.17 deel.

Shirley Maboa, nog ’n atleet om dop te hou, neem deel aan die 300 m-hekkies en hoogspring vir meisies o.15 en Tumi Ngoepe neem deel aan die 400 m vir meisies o.14.

Die Nylies se bobaashoogspringer, Tariro Nkosi (meisies o.16), blink nie net uit in hoogspring nie, maar neem ook deel aan die 100 m en 100 m-hekkies.

Anika Holtzhausen, vanjaar se hoofmeisie, sal deelneem aan die spiesgooi, verspring, asook die 100 m vir meisies o.19.

Nadine Kloppers neem deel aan gewigstoot vir meisies o.17 en Cheline van Jaarsveld aan diskus vir meisies o.14.

Wat die seuns betref blink Kgethego Matlou uit in sy items: 100 m, 400 m en 800 m vir seuns o.14 en Junior Sebake in die 100 m, 110 m-hekkies en 400 m-hekkies vir seuns o.16.

Stefan van Heerden neem deel aan die 200 m-naellope en hoogspring vir seuns o.14 en Altus du Plessis aan die 200 m, 400 m en 800 m vir seuns o.15.

Nog ’n atleet om voor uit te kyk, is Daniël Briel wat deelneem aan die 200 m en 800 m vir seuns o.17, asook vir Tshimega Sebonego tydens die 110 m-hekkies en 400 m-hekkies vir seuns o.19.

Katlego Kgwebane is kookwater in die 3 000 m vir seuns o.17 en die veelsydige atleet Kgaugelo Robinson maak dit bitter moeilik vir sy teenstanders in die 110 m-hekkies, hoogspring, verspring en driesprong vir seuns o.16.

Ofentse Thaba skrik nie vir ’n hoë lat nie en neem deel aan hoogspring vir seuns o.19. Puseletso Theledi neem deel aan die verspring vir seuns o.19.

Die twee o.15-seuns Wihan Bezuidenhout en Jesse-Dean Nortjé is witwarm op die veld met spiesgooi en is lus vir rekords verbeter.

Hou ook twee van die Nylies se senior manne dop. Jandré de Lange het verlede jaar baie goed presteer tydens die Suid-Afrikaanse-kampioenskap en is reg vir die 400 m seuns o.19, terwyl Heinrich Steffen mik vir rekords in die gewigstoot, spiesgooi en diskus vir seuns o.19.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button