Local sportSport

Rhino’s vier ’n naelbytsege

Die Northam Rhino’s het op Saterdag 19 Februarie vanjaar se rugbyseisoen op ’n hoë noot afgeskop met ’n 27-22 sege teen die Raiders-rugbyklub van Johannesburg.

Dit was ’n naelskraap-oorwinning vir die Rhino’s in hul eerste wegwedstryd. Hulle het die Johannesburgse span op hul tuisveld geklop en kon daarin slaag om vier drieë aan te teken.

Pierre van Jaarsveld, die Rhino’s se hoofafrigter, het vroeër die maand met trots aangekondig dat dié span vanjaar vier groot name in rugbykringe by die klub verwelkom en dit lyk asof hierdie spelers reeds ’n groot bydrae gelewer het.

Die nuweling-vleuel Ashwill Botha het in sy debuutwedstryd vir die Rhino’s twee drieë gedruk. Poon Brandt (vleuel) en Mitchell van der Merwe (buitesenter) het gesorg vir die Rhino’s se ander drieë.

Die klub se tweedespan moes egter die knie buig voor die Raiders met ’n eindtelling van 27-24. Dit is opgevolg deur ’n 38-10 sege vir die Rhino’s se derde-span.

Die Waterberg-span het hul wedstryd ook met ’n skitterende eindtelling van 38-0 gewen.

Hoewel dit ’n uitdagende wedstryd vir die Rhino’s was, lyk die seisoen reeds baie belowend.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button