Sport

Die Broekhuizens maak Frikkie Meyer trots

Inwoners van Thabazimbi ken die Broekhuizen-gesin as ’n gedugte span skuts wat al jare lank naam maak in Suid-Afrikaanse boogskietkringe.

Dit was egter op Saterdag 19 Februarie die twee jongste lede van die gesin, Maya (15) en Aart (14), wat almal gaande gehad het met hul puik vertoning tydens die Vrystaat-boogskietkampioenskap.

Maya het goud verwerf in haar kategorie en haar jonger broer het met ’n silwertoekenning weggestap.

Dié twee jong skuts het sewe jaar gelede vir die eerste keer aan boogskietkompetisies begin deelneem en het algaande hul staal gewys totdat hulle vandag as van die mees belowende junior skuts in die land gereken word.

Hul ma, Mathilda, wat self ’n Protea-skut is, vertel die boogskiet-gogga het vir Maya en Aart jare gelede gebyt nadat hulle albei met ’n tweedehandse boog begin skiet het.

Deesdae is albei gedugte teenstanders in veldskiet en tref hulle maklik ’n kolskoot of twee oor ’n afstand van so ver as 48 m (oftewel 50 jaart, soos daarna in boogskietterme verwys word).

Albei is tans leerders aan Hoërskool Frikkie Meyer en lede van die Thabazimbi-boogklub.

Hul ouer suster, Ameij (18), is ook ’n Frikkie en is self ’n Protea-skut.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button