Local sportSport

Blou Bulle-dorpsrugbyliga skop aanstaande maand af

Plaaslike rugby-ondersteuners kan solank hul dagboeke nadertrek en die dae aanteken waarop hul gunstelingspanne in die Blou Bulle Waterberg-suidstreek-liga begin speel.

Dorpsrugbyklubs sien daarna uit om weer volstoom te oefen en mee te ding nadat klubrugby weens die Covid-19-pandemie vir bykans twee jaar nie kon plaasvind nie.

Nylstroom-, Naboom-, Northam, en die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela het elk twee vol spanne vir die liga ingeskryf. Vriendskaplike wedstryde het reeds begin.

Die Kwaggas het verlede naweek vir die spanne van Bronkhorstspruit gewys wie is baas. Hulle het egter die afgelope Saterdag 12 Februarie strawwe kompetisie gekry teen die spanne van Marble Hall.

Die eerstespan het met 17-20 verloor en die tweedespan met 12-18.

Die spanne wat ingesluit is in die ligabepalings is Northam, Mogol, Loskop, Naboomspruit, Vaalwater, Nylstroom, Amandelbult en die Kwaggas.

Die program vir die komende liga lyk as volg:

Vrydag 25 Maart:
Kwaggas teen Mogol om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Loskop teen Naboomspruit om 20:00 by die Chris Wiid-stadion. Vaalwater teen Nylstroom om 20:00 by Vaalwater Primary School. Kwagga 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Warmbad.

Vrydag 1 April:
Nylstroom teen Loskop om 20:00 by Hoërskool Nylstroom. Naboomspruit teen die Kwaggas om 20:00 by Hoërskool Hans Strijdom.

Vrydag 22 April:
Kwaggas teen Nylstroom om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Kwagga 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Warmbad. Mogol teen Naboomspruit om 20:00 by die Mogol-rugbyklub. Vaalwater teen Northam om 20:00 by Vaalwater Primary School.

Vrydag 6 Mei:
Nylstroom teen Mogol om 20:00 by Hoërskool Nylstroom. Nylstroom 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Nylstroom.

Saterdag 7 Mei:
Northam teen Loskop om 16:00 by die Northam-rugbyklub.

Vrydag 13 Mei:
Naboomspruit teen Nylstroom om 20:00 by Hoërskool Hans Strijdom. Kwaggas teen Northam om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Loskop teen Vaalwater om 20:00 by die Chris Wiid-stadion. Naboom 2 teen Amandelbult om 19:00 by Hoërskool Hans Strijdom.

Vrydag 20 Mei:
Vaalwater teen die Kwaggas om 20:00 by Vaalwater Primary School. Northam teen Mogol om 20:00 by die Northam-rugbyklub. Northam 5 teen Amandelbult om 19:00 by die Northam-rugbyklub.

Vrydag 27 Mei:
Naboomspruit teen Northam om 20:00 by Hoërskool Hans Strijdom. Kwaggas teen Loskop om 20:00 by Hoërskool Warmbad. Mogol teen Vaalwater om 20:00 by die Mogol-rugbyklub.

Vrydag 3 Junie:
Vaalwater teen Naboomspruit om 20:00 by Vaalwater Primary School. Northam teen Nylstroom om 20:00 by die Northam-rugbyklub. Northam 5 teen Amandelbult om 19:00 by die Northam-rugbyklub.

Saterdag 4 Junie:
Loskop teen Mogol om 16:30 by die Chris Wiid-stadion. Die semifinale rondes vind vanaf Vrydag 10 Junie plaas.

Die finale wedstryd tussen die topspanne is geskeduleer vir Vrydag 24 Junie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button