AdvertorialNewsSponsored

Bekende motorhandelaar met ’n hart vir dorp se haweloses

Daar word elke 60 sekondes ongeveer 250 babas wêreldwyd gebore.

Die gemiddelde skooleksamen duur 60 minute en in 60 dae kan ’n mens ’n nuwe gewoonte aanleer.

Sestig is ook wêreldwyd die gemiddelde aftree-ouderdom. Toyota Suid-Afrika vier vanjaar hul 60ste bestaansjaar en daarmee saam het Northam Toyota besluit om dié groot mylpaal te vier deur terug te ploeg in die gemeenskap.

Verteenwoordigers van dié motorhandelaar het op Maandag 14 Februarie besoek afgelê by die Thabazimbi Homeless Shelter (THS) om hulp te verleen aan van die dorp se mees weerlose inwoners.

“Ons het besluit om as deel van ons verjaardagvieringe betrokke te raak by verskeie liefdadigheidsorganisasies in die dorp,” het Lynette Anley, bemarkingshoof van Northam Toyota, verduidelik.

“Ons sal vanjaar 60 dae lank insamelings vir verskeie organisasies in die omgewing aanbied. Ons hoop om die projek nog verder uit te brei en soveel as moontlik organisasies by te staan met skenkings en gemeenskapsprojekte.”

As deel van hul projek het die motorhandelaar besluit om 60 mense se verblyf by die THS te borg. Daarmee saam het Anley, vergesel deur Christo Boucher en Francois Louw, ook verskeie noodsaaklike items soos toiletware en kledingstukke aan die THS geskenk.

Beverley Spira Kühn, verteenwoordiger van die THS, het gesê hulle is ongelooflik dankbaar oor dié skenking.

Sy het die hoop uitgespreek dat dit ander maatskappye sal aanspoor om ook in hul gemeenskappe betrokke te raak.

“Mense sien nie meer die nood om hulle raak nie, daarom is dit wonderlik om die welwillendheid van groot maatskappye soos Toyota te ervaar. Hulle ploeg terug in hul gemeenskappe,” het sy gesê.

Toyota Northam het ook besluit om as deel van hul maatskaplike projek ’n donasieboks by die handelstak te hou waar lede van die publiek items soos klere, toiletware of niebederfbare kosprodukte kan aflewer.

Bel vir Lynette Anley by tel. 083 797 0422 om meer uit te vind oor hul projekte.

Vir meer inligting oor die Thabazimbi Homeless Shelter se behoeftes en hoe om daar betrokke te raak, bel vir Beverley Spira Kühn by tel. 078 403 1813.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button