Local sportSport

Hans Strijdom se atlete is vanjaar kookwater

Die afrigters van Hoërskool Hans Strijdom sê hulle is — ná die die eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms op Vrydag 4 Februarie by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi — baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê.

Die Hansies was een van vier skole wat aan dié byeenkoms deelgeneem het en het hul baie goed van hul taak gekwyt teen die atlete van Hoërskole Frikkie Meyer, Wagpos en Warmbad.

Met die Bosveld Interhoër net om die draai, is dit vir die atlete belangrik om hul tegnieke te verbeter.

“Die aflosspanne het almal verras en ons het vier eersteplekke behaal. Vyf spanne was tweede en een span derde. Dit is die bewys van harde oefening.

Ons is nederig trots op die atlete,” het Lebu van Heerden, sporthoof van die Hansies, aan Die Pos gesê.

Daar is nog twee byeenkomste voor die interhoër op Saterdag 26 Februarie by Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane en die atlete sal nou alles moet gee om gereed te wees, het Van Heerden gesê.

Janneman Benson van Hoërskool Hans Strijdom het in die seuns o.15-skyfwerp-item die bestaande rekord na ’n afstand van 52,37 m verbeter.

Die Hansies het 43 goue-, 41 silwer- en 34 bronsmedaljes verwerf.

Die atlete van Hoërskool Hans Strijdom het die meeste eersteplekke op die byeenkoms behaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button