Local sportSport

Jong atlete bult hul spiere in Koedoeskop

Die atlete en leerders van Laerskool Koedoeskop het op Saterdag 5 Februarie gesorg vir groot opwinding tydens vanjaar se Dwaalboom-kring atletiekbyeenkoms wat by die skool aangebied is.

Die atlete van 16 deelnemende skole in die omgewing het kragte gemeet.

Dit was ’n miernes van bedrywighede en atlete en afrigters was reeds vroegoggend besig met voorbereiding.

Die topatlete sal op Saterdag 12 Februarie aan die areabyeenkoms by Laerskool Thabazimbi deelneem.

Kaylee Collins van Laerskool Koedoeskop, wat hier aan die naellope deelneem, is ’n baie belowende atleet. Sy is reeds gekies om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem in gewigstoot.
Merisha Bezuidenhout van Laerskool Koedoeskop het gewys wie is baas in die verspringput. Sy sal op Saterdag 12 Februarie aan die areabyeenkoms by Laerskool Thabazimbi deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button