Home/News/Local news/Dit sous in die Waterberge Local newsNews Dit sous in die Waterberge February 7, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Hierdie laagwaterbrug in Pretoriusstraat op pad na Limpopostraat (Rivierstraat) in Modimolle was op Saterdag 29 Januarie onderwater nadat swaar reën in die dorp en omgewing geval het. Dieselfde brug was einde verlede jaar ook onderwater. Die foto is op Sondag 30 Januarie geneem toe die watervlak al effens begin daal het. Foto: Sarita Kriek-Vosloo Hierdie konstruksieperseel in Limpopostraat, aangrensend teen Joe Slovostraat waar ’n nuwe laagwaterbrug gebou word, het behoorlik soos ’n opgaardam gelyk ná die hewige reën wat die afgelope naweek in Modimolle geval het. Dié projek van die plaaslike owerheid is jare gelede begin, maar nooit voltooi nie. Die nuwe kontrakteurs het reeds in die derde kwartaal van 2021 begin met die konstruksie van die nuwe brug. Foto: Sarita Kriek-Vosloo Kinders speel op Sondag 30 Januarie in die “rivier” wat oor Paul Krugerstraat in Modimolle gevorm het. Al die laerliggende strate wat die Klein-Nylrivier langs Limpopostraat (Rivierstrsaat) kruis, was tussen Vrydag 28 Januarie en Saterdag 29 Januarie onderwater nadat ongeveer 100 mm reën geval het. Foto: Sarita Kriek-Vosloo At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. February 7, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print