NewsSchools

Hansie-onnies maak die dorp trots

Twee onderwysers van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het tydens die prysuitdeling van die Waterberg-distrik se onderwysdepartement spesiale erkenning gekry vir die uitslae wat hul op hul onderskeie vakgebiede met die matrieks van 2021 behaal het.

Die geleentheid is op Vrydag 28 Januarie in Bela-Bela gehou.

Gerda Swanepoel het ’n trofee ontvang vir die hoogste matriekvakgemiddeld (66%) in wiskunde.

“Ek is nederig dankbaar vir die toekenning. Dit is danksy harde werk en nogmaals harde werk; nie net deur my nie, maar beslis deur die leerders. ’n Mens moet toegewyd wees en aanhou om resultate te kry,” het sy aan Die Pos gesê.

Helena Yzelle het ook ’n trofee ontvang vir die hoogste vakgemiddeld vir toerisme (67,43%) in die Waterberg-distrik. Sy skryf ook die sukses toe aan harde werk.

“Dit is danksy volgehoue harde werk en die wil om te presteer waarmee die leerders gewerk het. Ek is baie trots op hulle,” het sy gesê.

“Ons is werklik baie trots op die twee leerkragte en ons wens hulle sterkte toe vir 2022 en glo dat ons weer sulke mooi uit- slae kan verwag,” het Rinus de Jager, hoof van die Hansies, gesê.

Die Waterberg-distrik sluit skole in van Thabazimbi, Lephalale, Mookgophong, Bela-Bela en Modimolle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button