NewsSchools

Waterberg-distrik vereer uitblinker-Nylies

Hoërskool Nylstroom is trots op die vyf toekennings wat hulle tydens die Waterberg-distrikstoekenningsgeleentheid van die departement van onderwys ontvang het.

Die toekennings is op Vrydag 28 Januarie in Bela-Bela oorhandig.

Janique Erasmus, die Nylies se hoofmeisie en Dux-leerling van 2021, was die vyfde beste akademiese presteerder in die Waterberg-distrik. Sy het ook die hoogste gemiddeld in haar gunstelingvak, rekeningkunde, behaal.

Omphile Sabushimike is aangewys as die beste presteerder in die Waterberg-distrik in die vak Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Cerise Burger is aangewys as die beste presteer in ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO) en Shibe Leso was die beste leerder in besigheidstudies.

Taelo Mokhabela is aangewys as die beste Sepedi-onderwyser in die distrik.

“Ek wil elkeen van hierdie leerders en hul onderwysers ’n stywe handdruk gee. Ons het verlede jaar herhaaldelik vir mekaar gesê: Hou jou met die regte dinge besig en die regte dinge sal gebeur. Hierdie uitblinkers het Vrydag die oes ná hul harde werk ingesamel. Julle maak ons trots!” het Anton du Plessis, skoolhoof, gesê.

Janique Erasmus, hoofmeisie van Hoërskool Nylstroom en Dux-leerder van 2021, is aangewys as die leerder wat die vyfde posisie in die Waterberg-distrik beklee. Sy het ook die hoogste persentasie in rekeningkunde behaal.
Omphile Sabushimike van Hoërskool Nylstroom is aangewys as die beste leerder in Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die Waterberg-distrik.
Cerise Burger is nog ’n Nylie wat ’n toekenning ontvang het by die Waterberg-distrikstoekenningsgeleentheid. Sy het die hoogste punte in ingenieursgrafika en-ontwerp (IGO) behaal.
Shibe Leso van die Nylies het die toekenning ontvang vir beste prestasie in besigheidstudies.
Hoërskool Nylstroom se Taelo Mokhabela is aangewys as die beste Sepedi-onderwyser in die Waterberg-distrik.

Related Articles

Back to top button