Local sportSport

Vatso Kwagga(s)!

Die Kwagga-rugbyklub in Bela-Bela het op Donderdag 27 Januarie hul eerste proewe gespeel.

Die klub se bestuur sê hulle het ongekende groei ervaar en kon twee vol spanne met reserwes op die veld hê.

Die spelers is aangemoedig deur ’n groot groep ondersteuners.

Arno du Pisanie en Monique van Rooyen het in hul eerste wedstryde van die jaar as skeidsregters opgetree.

Drummond Hammond, Kwagga-klubvoorsitter, was in sy noppies oor die aantal spelers wat opgedaag het.

Volgens hom wag hulle op die ligabepalings. Op die foto onder is die groot groep spelers wat Saterdag deel was van die proewe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button