Local sportSport

Frikkie-atlete presteer goed in Brits

Die atlete van Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydag 28 Januarie kragte gemeet teen vyf topskole tydens hul eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms van die jaar.

Ná ’n besondere suksesvolle interhuisbyeenkoms, het die Frikkies se atletiekspan na Hoërskool Brits gereis waar hulle teen atlete van Hoërskool Brits, Hoërskool Bergsig, Hoërskool Akasia, Hoërskool Wonderboom en Curro Heuwelkruin meegeding het.

Die Frikkies het die eersteplekke ingeryg. Die meisies wat gewen het, is Esmarie Pienaar (o.14-verspring en -hoogspring), Carli Fouche (o.14-diskus), Pearl Simanga (o.16-400 m hekkies), Niché Rohrs (o.16-gewigstoot), Lené Lategan (o.17-spiesgooi), Chenell Fouché (o.17-diskus), Cara Pieterse (o.19-gewigstoot en -diskus) en Jamie Swanepoel (o.19-verspring).

Die seuns wat eersteplekke behaal het, is Amo Matheboge (o.14-300 m hekkies), Ziyanda Ngubane (o.15-100 m hekkies), Lourens Pieterse (o.15-diskus en -gewigstoot), Eric Coetzee (o.16-gewigstoot) en Luan von Wielligh (o.19-diskus).

Luan von Wielligh het ’n eerste plek in o.19-diskus vir seuns behaal by die atletiekbyeenkoms wat die Frikkies by Hoërskool Brits bygewoon het. Hy het ook aan die gewigstoot-item in sy ouderdomsgroep deelgeneem.

Die seuns se o.16-aflosspan het ook vir hul teenstaanders hakke gewys.

Atlete wat 800 en meer punte op die Absa-tabel aangeteken het, was Cara Pieterse (815 in diskus met ’n rekordafstand van 36,50 m), Chenell Fouché (830 punte in diskus met ’n afstand van 35,61 m) en Lourens Pieterse (814 punte in gewigstoot met ’n afstand van 14,47 m). Hy het ook dié sukses voortgesit in die diskus-item en met ’n afstand van 54,04 m, 888 punte aangeteken.

Lourens en Cara Pieterse het albei byeenkomsrekords in diskus opgestel.

Hoërskool Frikkie Meyer bedank al die atlete, afrigters, spanbestuurders en ouers wat gehelp het om dié byeenkoms vir die Frikkies moontlik te maak.

Amor Strydom seil oor die hekkies tydens die vriendskaplike atletiekbyeenkoms wat op Vrydag 28 Januarie by Hoërskool Brits gehou is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button