Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Motorryers in Bela-Bela moet baie versigtig bestuur op die hoek van Minnaarstraat en Moffatweg (by Die Pos-koerant se parkeerterrein). ’n Swaarvoertuig het op Dinsdag 18 Januarie oor die stormwaterdrein gery en weens die swak infrastruktuur het die hele struktuur meegegee. ’n Baie gevaarlik sinkgat het ontstaan en daar is tekens dat die pad verder verbrokkel. Die voorval is verskeie kere deur verskeie mense by die munisipaliteit aangemeld. Munispale werkers was vlugtig op die toneel en het, met behulp van personeellede van Die Pos, ’n groot rots in die pad geplaas wat met rooi-en-wit lint aan die stopstraat vasgemaak is. Daar is ook ’n tydelike deksel op die oop drein geplaas. Intussen het meer as ’n week verloop sonder dat die gat herstel is. Die Pos is teen druktyd vandeesweek ná verskeie navrae ingelig dat die betrokke beampte wat verantwoordelik is vir die herstel van paaie tans “met verlof is”. Twee raadslede, Tinus Ras (DA) en JeeDee Cloete (VF-Plus), het aan Die Pos die versekering gegee dat die herstelwerk dringend aandag sal geniet.
Warmpatat: Inwoners van Bela-Bela kla geruime tyd al dat die water in die krane vuil is. Tinus Ras, DA-raadslid, het by navraag gesê die probleem het moontlik ontstaan toe werkers aan die pypleidings gewerk het om lekkasies te herstel. Hy het inwoners versoek om vuil water dadelik by die munisipaliteit aan te meld by tel. (014) 736 8000 of by homself by tel. 082 650 1185 sodat ondersoek ingestel kan word. Op die foto is die vuil water duidelik sigbaar.
Hierdie twee paspoorte is die afgelope week in die SuperSpar-parkeerarea in Bela-Bela opgetel. Die vanne in die dokumente is Putter en Waters. Die paspoorte kan by Die Pos se kantoor in Minaarstraat in die dorp afgehaal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button