Local sportSport

Warries-interhuisatletiek dreun dat die kranse antwoord gee

Hoërskool Warmbad het op Vrydag 14 Januarie hul jaarlikse interhuisatletiekbyeenkoms by die skool aangebied.

Die topseunsatlete onder die juniors was Jacques Snyman, Johan Enslin (junior Victor Ludorum) en Ruan Bosch.

Die Warries se krete en dreunsang het soos van ouds weer wyd weergalm wat die indruk geskep het dat die skool, danksy die afname in Covid-19-getalle, hul aktiwiteite kan hervat. Die skool se topatlete het reeds vroeg in die seisoen goeie prestasies behaal.

Die junior meisiesatlete wat presteer het, was Adele Schoeman, Dienkie Vorster (junior Victrix Ludorum) en Michelle Combrink.
Die senior seuns wat verlede Vrydag uitgeblink het, was Lehlogonolo Mokwena, Christiaan Oberholster (Victor Ludorum) en Mandla Mazibuku.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button