NewsSchools

Waterberg Academy se matrieks wys hul staal

Waterberg Academy in Vaalwater se 11 matriekleerders het vanjaar weer uitblinkeruitslae in die onafhanklike eksamenraad (IEB) se gr. 12-eindeksamen behaal.

Die skool het ’n 100% slaagsyfer behaal met altesame 24 onderskeidings en almal het universiteitstoelating gekry.

Vernon Rorich, skoolhoof, het aan Die Pos gesê die leerders se doelgerigte fokus en voortgesette dissipline met aanlynklasse en selfstudie regdeur die jaar het die deurslag gegee.

Rorich het die onderwysers bedank vir hul deurlopende ondersteuning en ekstra ure wat ingesit is om te verseker dat leerders gereed was vir die eindeksamen.

Ashley Mecchi het vyf A’s verower vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, English Home Language, lewenswetenskap, geografie en lewensoriëntering waarin sy in die top 1% van die land is. Ashley gaan in ’n B Comm-rigting, met rekenkundige studies as hoofvak aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Annika van Druten het vier onderskeidings behaal vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, English Home Language, wiskundige geletterdheid en lewensoriëntering waarin sy ook in die top 1% van die land is. Sy meld vanjaar by die regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria aan.

Related Articles

Back to top button