Local sportSport

Thabazimbi-skole hou interhuis

Thabazimbi was op Vrydag 21 Januarie ’n miernes van bedrywigheid toe die nuwe sportseisoen op ’n hoë noot afgeskop het tydens die jaarlikse interhuisatletiekbyeenkomste van drie skole in die omgewing.

Tristan Brits is aangewys as Hoërskool Frikkie Meyer se senior Victor Ludorum tydens vanjaar se interhuisswemgala wat op Dinsdag 18 Januarie gehou is.

Die leerders van Hoërskool Frikkie Meyer, Laerskool Koedoeskop en Laerskool Thabazimbi het die snikhete Bosveld-son aangedurf om op hul onderskeie sportvelde deel te neem aan verskeie items en ook so ’n bietjie spangees aan te moedig.

Frikkie Meyer het op Dinsdag 18 Januarie ook hul jaarlikse interhuisswembyeenkoms aangebied en volgens die skool was vanjaar se gala ’n groot sukses.

Tristan Brits is aangewys as die senior Victor Ludorum. Anmari Greeff het as senior Victrix Ludorum uit die stryd getree en Lourens Pieterse het die junior Victor Ludorum-titel verower.

Ethan Jacobs, ’n gr. 3-leerder van Laerskool Thabazimbi, het die 60 m-naelloop gewen.
Anmarie Greeff en Nataly de Castro het hulle nie laat keer deur die warm Bosveld-son nie. Dié twee maats het saam die 1500 m aangepak en voltooi.

Atlete wat besonder goed gevaar het tydens die huissport op Vrydag 21 Januarie is Amo Mataboge (beste junior seunsbaanatleet), Lourens Pieterse (beste junior seunsveldatleet), Amor Strydom (beste junior meisies- baanatleet), Carli Fouché (beste junior meisiesveldatleet), Christopher Koekemoer (beste senior seunsbaanatleet), Echard de Klerk (beste senior seunsveldatleet) en Lené Lategan (beste senior meisiesbaan- en veldatleet).

Elisca Lamprecht van Hoërskool Frikkie Meyer het in die gewigstootitem uitgeblink.

Lourens Pieterse het die algeheel beste prestasie van die dag behaal met 977 punte op die Absa-tabel vir diskus.

Carli Robbertse is aangewys as die Victrix Ludorum en Christopher Koekemoer as die Victor Ludorum. By Laerskool Thabazimbi het twee atlete nuwe rekords opgestel.

Patrick Loots het die 150 m hekkies-item vir seuns o.12 se rekord laat spat en Kaylee Collins het met ’n afstand van 9,54 m die gewigstootrekord verbeter.

Mojalefa Mogale (13) was die Victor Ludorum wat uitgeblink het in hoogspring en verskeie baanitems. Leyande Koekemoer is aangewys as Victrix Ludorum.

Ulrich Taylor van Hoërskool Frikkie Meyer is ’n atleet wat hierdie seisoen sy teenstaanders op hul neuse gaan laat kyk. Hy het reeds vroeg in die seisoen baie goeie tye op die baan opgestel.
Die De Beer-tweeling, Marioné en Wian, het albei skoonskip gemaak by Laerskool Koedoeskop se huissport. Wian het sewe goue medaljes verower en Marioné het sewe goud, twee silwer en twee brons medaljes verower.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button