CrimeNews

Man vas oor beweerde dade

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) in Thabazimbi ondersoek nog ’n saak van verkragting nadat twee vroue na bewering op Saterdag 1 Januarie in die Regorogile-township in Thabazimbi verkrag is.

Volgens konst. Titus Khumalo, woordvoerder van die Thabazimbi-polisie, word die beskuldigde daarvan aangekla dat hy twee minderjarige meisies (16 en 13 jaar oud) op Saterdag 1 Januarie ontvoer en met ’n vuurwapen gedreig het voordat hy hul om die beurt verkrag het.

Die beskuldigde het op Woensdag 19 Januarie in die Thabazimbi-landdroshof verskyn om aansoek om borgtog te doen. Die saak is uitgestel tot Donderdag 17 Februarie.

Die polisie maan inwoners om waaksaam te wees, aangesien dit die derde soortgelyke voorval die afgelope paar maande is.

Khumalo het inwoners voorts aangemoedig om sulke voorvalle sonder versuim aan te meld en ook om bewus te wees van wat in hul buurt aangaan en wie daar rondbeweeg.

Kontak gerus die polisie by tel. (014) 777 3504/6.

Related Articles

Back to top button