CrimeNews

Huisbraak-verdagtes vasgetrek

Speurders van die Bosveld Misdaad Ondersoeke-span (BMO) is warm op die spoor van verskeie verdagtes wat verbind word met inbrake tydens die pasafgelope Kersvakansie.

Konst. Titus Khumalo, polisiewoordvoer in Thabazimbi, het aan Die Pos gesê daar was altesame 24 huisbrake gedurende die Desember-vakansie in en om Thabazimbi. Khumalo het die publiek gemaan om meer paraat te wees en bewus te wees van enige verdagte mense of situasies in hul omgewing.

Volgens Khumalo slaan misdadigers dikwels tydens vakansietye of langnaweke toe wanneer inwoners nie tuis is nie. Inwoners moet voorsorg tref om hul persele te beveilig wanneer hulle nie tuis is nie, het hy gesê.

Dit is ook belangrik dat mense noodnommers van plaaslike polisiekantore of lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) byderhand het. Sakkie Louwrens, ondersoekbeampte van BMO, het aan Die Pos gesê dat ondersoeke dui daarop dat ’n sindikaat moontlik verantwoordelik is vir verskeie inbrake in Modimolle, Mookgophong, Lephalale en Thabazimbi.

Twee buitelandse verdagtes is vasgetrek in verband met dié huisbrake en daar is beslag gelê op verskeie huishoudelike items.

“Ons volg verskeie leidrade op en daar is ’n moontlikheid dat nóg verdagtes aangekeer sal word,” het hy gesê.


Vir enige misdaadverwante sake, kontak gerus enige van die volgende instansies/persone:

Thabazimbi-polisie: (014)777 3504/6
Stasiebevelvoerder: 079 890 8759

GPF lede:
Petrus van Breda: 079 897 5611
Windy van Breda: 082 878 4401
Jaco Henning: 083 631 6250
Roelf Crause: 083 452 8629
Talitha Crause: 082 874 7049
Diane Saunders: 082 853 0826

Related Articles

Back to top button