NewsSchools

Laerskool Eenheid gereed vir nuwe jaar

Laerskool Eenheid in Modimolle is slaggereed vir die nuwe skooljaar.

Gerda Pringle, skoolhoof, het aan Die Pos gesê daar is weer vanjaar drie gr.1-klasse.

“Elke onderwyser is bevoorreg om ’n onderwysassistent te hê wat leerders help met die aanpassingsproses en veral die taalgaping, aangesien Engels vir die meeste van ons leerders ’n tweede of selfs derde taal is,” het sy gesê.

Laerskool Eenheid se voertaal is Engels. Sy het voorts gesê daar is voldoende klaskamers om aan die nodige Covid-19-regulasies te voldoen.

“Ons het gelukkig nie nodig om ’n rotasie-rooster te volg nie.”

Pringle het gesê daar was op Woensdag 12 Januarie ’n stormloop van ouers wat nie vooraf hul kinders aanlyn geregistreer het nie.

“Weens beperkte plekke kon al die nuwe leerders nie geplaas word nie en is hulle nou op ’n waglys geplaas,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button