NewsSchools

Nuwe onnies by Laerskool Thabazimbi

Laerskool Thabazimbi is opgewonde om vanjaar nuwe onderwysers en studente saam met die ander personeellede te verwelkom.

Laerskool Thabazimbi is opgewonde om vanjaar nuwe onderwysers en studente saam met die ander personeellede te verwelkom.

Leané Heyneke is die nuwe klasonderwyser van gr. 4. Sy neem die leisels oor by Monika Kleynhans wat aan die einde van 2021 afgetree het. Haar twee seuns, De Wet (13) en Stefan (14), deel hul ma se liefde vir sport.
Lizette Oosthuizen is in die grondslagfase by gr. R aangestel. Sy is passievol oor die onderwys en self die ma van twee woelwaters.
Anica Jordaan sluit by Laerskool Thabazimbi aan as ’n studenteonderwyser in die grondslagfase. Sy is besig met haar tweede jaar B.Ed-graad en studeer by Aaros.
Jani du Plessis is ook ’n studenteonderwyser. Sy is in haar derde studiejaar vir ’n B.Ed-onderwyskwalifikasie (intermediêre fase) by Unisa.

Related Articles

Back to top button