Local newsNews

Brand verwoes huis in Bela-Bela

’n Gesin van Bela-Bela het wonderbaarlik op Vrydag 31 Desember ’n brand oorleef wat in hul woonhuis in De Beer-straat ontstaan het.

Volgens Adolph Vosloo, hul buurman, het die brand ongeveer 04:15 die oggend uitgebreek. Die eiendom is reg oorkant Laerskool Warmbad.

Die vrou is deur haar jong dogter se aanhoudende gehoes wakker gemaak. Dit is toe dat hulle uitvind die huis is aan die brand, het Vosloo gesê.

Die name van die inwoners en hoeveel mense in die huis was, is nie bekend nie.

Nooddienste is na die perseel ontbied en die brand is geblus voordat dit na ander strukture kon versprei.

Volgens Vosloo is omtrent 70% van die eiendom deur die brand verwoes. Gelukkig is niemand in die brand beseer nie, het hy gesê.

Die Pos het die perseel besoek op soek na die eienaar, maar kon hom teen druktyd nie opspoor nie. Navrae is nie beantwoord nie.

’n Wag is intussen op die perseel geplaas om na die eiendom om te sien.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is daar nie ’n saak geopen om die brand te ondersoek nie.

  • Groot skade is ook in November verlede jaar aangerig toe ’n brand in ’n woonhuis in Bothastraat ontstaan het.

Related Articles

Back to top button