NewsSchools

Klein Nylies skitter by prysuitdeling

Laerskool Nylstroom het leerders wat uitsonderlike sport- en kultuurprestasies behaal het tydens hul prysuitdeling op Dinsdag 7 Desember en Woensdag 8 Desember vereer.

Roelf Vorster, skoolhoof, het die trofeë oorhandig en gesê hy is baie trots op al die leerders wat ondanks ’n uitdagende skooljaar hul beste gelewer het.

Die trofee vir sportmeisie van die jaar is aan Elandi van Staden toegeken en Johan Bosch was die sportseun van die jaar. Erlu Fourie (2021 se hoofseun) het die trofee vir kultuurleerder van die jaar ontvang.

Johan Bosch ontvang die sportseun van die jaar-trofee van Roelf Vorster (skoolhoof).
Elandi van Staden is aangewys as sportmeisie van die jaar. Sy ontvang haar toekenning van Roelf Vorster (skoolhoof).

Ander sporttoekennings het gegaan aan Ben van Jaarsveld (landloper van die jaar), Desiré Coetzee (netbal), Johan Bosch (krieket), Elandi van Staden (hokkie) en Louis Erasmus (gholf). Die beste tennisspelers van die jaar was Johan Bosch en Melissa Meyer.

Louis Erasmus (bo) is aangewys as die Dux-leerder en het die beste akademiese prestasie in gr. 7 behaal. Die Dux-leerders in die ander grade was Kara van der Merwe (gr. 6), Danelle Roos (gr. 5) en Jacomien de Jager (gr. 4).

Die topatlete is ook tydens die prysuitdeling aangewys. MW van der Merwe en Jayden Coetzee was die junior Victor Ludorum-atlete. Lizey Boshoff, Nicola van Zyl en Janika van Niekerk het saam die junior Victrix Ludorum-toekenning ontvang. Peet Snyman was die senior Victor Ludorum-atleet en Shimondré Southern en Danelle Roos deel die senior Victrix Ludorum-trofee.

Erlu Fourie, hoofseun van 2021, het die toekenning as kultuurleerder van die jaar en Nylie van die jaar ontvang.

Deacon Badenhorst (gr.7) het spesiale erkenning gekry omdat hy nie een dag afwesig was sedert sy eerste dag in gr.1 nie. Dit is voorwaar ’n merkwaardige prestasie.

Related Articles

Back to top button