Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? January 17, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Tokkie Swanepoel, burgmeester van die Thabazimbi-munisipaliteit, wens inwoners ’n voorspoedige en vreugdevolle nuwe jaar toe. “Mag die nuwe jaar vir elkeen vrede inhou en mag daar vir almal ’n lig op die pad na ’n positiewe bestemming wees.” Swanepoel het gesê die munisipaliteit se doelwit vir 2022 is om gehalte diens aan inwoners te lewer en met respek en deernis terugvoer te gee op alle gemeenskapsvrae. Die munisipaliteit maak staat op inwoners om saam aan ’n beter toekoms vir die dorp en sy mense te werk.” Warmpatat: Inwoners van Modimolle was verbaas om laataand op Maandag 10 Januarie te hoor hoe hul vullis verwyder word. By nadere ondersoek is daar verneem dat twee van die vyf munisipale vullisverwyderingsvoertuie tans buite werking is en dus moes die ander spanne tot laataand werk om die hele dorp en Phagameng te bedien. Op die foto staan die twee stukkende voertuie (weerskante van ’n polisievoertuig) by die perseel van ’n motorwerktuigkundige in Modimolle. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. January 17, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print