AdvertorialNewsSponsored

Nuwe NWK Retail agentskap open sy deure in Alma

Die Wenkor Koöperasie, wat hul deure in 2013 in Alma geopen het, sal voortaan ’n agentskap van NWK Beperk wees en bekendstaan as NWK Retail Alma.

Die eienaars, Jacobus en Ina Wentzel, het tydens die openingsgeleentheid op Vrydag 26 November gesê dit is ’n groot voorreg om deel van die NWK-groep te wees.

Theo Rabe, groephoof-uitvoerende beampte van NWK, het die gehoor toegespreek en vertel dat NWK sedert 1909 in die landboubedryf is met hul hoofkantoor in Lichtenburg.

NWK-finansiering bied finasieringsopsies aan kliënte ter ondersteuning van die kleinhandel afdeling.

Jacobus Wentzel is die derde generasie wat op hul familieplaas in die Alma-omgewing boer. Sy boerderyondervinding, tesame met NWK se uitgebreide infrastruktuur, is ’n wenresep wanneer dit by kliëntediens kom.

Die beskikbare produkte by die Alma-winkel word deurlopend uitgebrei soos wat die behoefte ontstaan.

Daar kan boere alles onder een dak aanskaf. Besoek gerus die winkel in Alma se hoofstraat of bel vir Ina Wentzel by tel. 084 514 7553 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button