NewsSchools

Koedoeskop se gr. 7’s groet vir oulaas

Die leerders van Laerskool Koedoeskop moes vanjaar baie hard werk om, ten spyte van die struikelblokke wat dié jaar gebied het, ’n sukses van nog ’n skooljaar te maak.

Met die uitbreek van die Covid-19-pandemie moes dié skool se leerders, soos baie ander leerders regoor Thabazimbi, leer om aan te pas by die uitdagings van ’n wêreldwye pandemie.

Die gr. 7-leerders van Laerskool Koedoeskop het vanjaar bewys dat hulle ’n sterk groep is en hulle laat ’n nalatenskap wat die skool nie gou sal vergeet nie.

Die groep het ná hul jaarlikse kerkafsluiting die skool op Vrydag 3 Desember amptelik gegroet.

Elke gr. 7-leerder het tydens die tradisionele seremonie die skoolklok ’n laaste keer gelui.

Met die duidelike gebeier van die klok, het elke leerder op dié manier hul laaste eer aan die skool betoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button