MunicipalNews

Munisipaliteit maak gereed vir nuwe termyn

Die Thabazimbi-munisipaliteit het hul proporsionele raadslede (PR) bekend gemaak. Die 11 PR-raadslede is as verteenwoordigers van hul onderskeie partye aangestel om inwoners se belange te beskerm. In die geval waar ’n party nie genoeg stemme verwerf het om ’n wyk te beheer nie, word PR-raadslede aangestel om kiesers te verteenwoordig. Inwoners is welkom om wyksraadslede en PR-raadslede te kontak met navrae of klagtes in hul wyke.

Die Thabazimbi-munisipaliteit het op Dinsdag 23 November tydens hul inleidende raadsvergadering die raadslede wat vir die volgende vyf jaar (2021-2026) op die raad sal dien, ingesweer.

Tokkie Swanepoel, nuutverkose burgemeester, het verlede week aan Die Pos gesê sy is hoopvol dat die munisipaliteit in die volgende termyn oplossings vir die knellende probleme in die dorp sal vind ondanks ’n tekort aan hulpbronne.

“Ons het reeds onder die vorige bestuur ervaar dat sakelui bereid is om in te gryp en hand by te sit waar dit nodig is. Beter kommunikasie met plaaslike sakelui sal ons help om nóg beter saam te werk,” het sy gesê.

Dit is volgens haar uiters belangrik dat die regte kanale gevolg moet word wanneer inwoners navrae het of klagtes wil aanmeld.

Die munisipaliteit moedig daarom inwoners aan om die munisipale kliëntediensafdeling direk te skakel.

Indien daar nie antwoord is nie, kan hulle die betrokke departemente of wyksraadslede bel.

Inwoners kan die volgende nommers skakel om foute en probleme aan te meld:

  • Kliëntediens: 060 961 3719
  • Waterdienste: 083 703 2805
  • Elektriese dienste: 083 703 2804
  • Thabazimbi-verkeersdepartement: 083 687 1883
  • Brandweer: 082 551 4204
  • Rampbestuur: 082 079 9335
  • Thabazimbi-begraafplaas: 064 090 1678 of 076 499 5628
  • Vullisverwyderingsdienste: 071 985 7516 of 063 017 8288

Die volgende nommers kan geskakel word vir munisipaliteit se satellietkantore:

  • Rooiberg: 082 658 3593
  • Northam: 082 658 4607
  • Leeupoort: 082 658 2477
  • Waarnemende satellietkantoorbestuurder: 079 896 2071

Related Articles

Back to top button