Local newsNews

Kerk hou Kersmark by die sirkel

Die Gereformeerde Kerk Warmbad (Doppers) hou op Saterdag 11 Desember vanaf 08:00 tot 13:00 ’n Kersmark op die kerkterrein by die sirkel in Kwaggaweg, Bela-Bela.

Die susterskerke van Bela-Bela is genooi om deel te hê aan die verrigtinge van die unieke Kersmark.

Die NG Warmbad Wes-gemeente sal heerlike vetkoeke verkoop en die AP-Kerk van Bela-Bela sal hul bekende sosatiebroodjies verkoop.

Die NG-Moedergemeente en die Hervormde Kerk kon vanjaar ongelukkig nie deel weens van die mark nie weens datumsbotsings.

Behalwe die gewone heerlike pannekoek en bobaas kerrie-en-rys, sal daar pap-en kaiings vir die smulpappe wees, ’n verskeidenheid basaarpoedings, fyngebak en die wit olifantstalletjie met allerslei skatte wat wag om ontdek te word.

Die kroon op die basaar is die vleisstafel. Dit is die trots van kerkraadslede en boere wat skenkings gegee het en hulle spog graag met die primaprodukte wat aangebied word.

Daar sal verskeie stalletjies wees met handgemaakte leerprodukte, kinderklere, handgemaakte messe, houtwerkitems, vrugte, neute en houtspeelgoed.

Wees vroeg daar om teleurstelling te voorkom. Die gemeente nooi die hele gemeenskap om saam te kuier om die oorlaaide basaartafels en te kuier totdat die tafels leeg is.

Related Articles

Back to top button