Local sportSport

Stywe lyne by Setaria

Hengel-geesdriftiges van regoor Thabazimbi het op Saterdag 27 November by die Setaria Concentrator-dam byeengekom vir die langverwagte Suid-Afrikaanse Vrouefederasie-hengelkompetisie.

Die SAVF moes vanjaar, soos baie ander organisasies in en om Thabazimbi, hard werk om kop bo water te hou weens die Covid-19-inperkings, maar die gedugte span vroue en hul vrywilligers het ’n goedgeorganiseerde hengelkompetisie aangebied.

Daar was altesame 46 hengelaars wat ingeskryf het vir die dag van pret langs die viswaters. Die inskrywingsgeld was broodnodig en saam met ander skenkings het die SAVF ’n bedrag van R10 000 ingesamel.

Die geld is geoormerk vir maatskaplike projekte wat in 2022 aangepak sal word. Piet Bezuidenhout het die prys gewen vir die swaarste sak vis (26,10 kg).

Jeanine Koekemoer van Thabazimbi het op Saterdag 27 November aan die SAVF-hengelkompetisie by die Setaria Concentrator-dam deelgeneem.
Hendrik Swanepoel katrol ’n lekker vet kurper in tydens die SAVF-hengelkompetisie.

Kevin Smith het die grootst barber uitgetrek — ’n bielie van 2,52 kg. Rinus van Toorn het sy slag gewys met ’n karp van 1,92 kg en Hans Maritz het die grootste kurper van die dag gevang (1 kg).

Die vroue het ook nie op hul laat wag nie en het gou aas aan die hoek gehad en die lyne ingegooi.

Jeanine Koekemoer het gewys hoe ver kan sy ’n lyn van die oewer af ingooi.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button